• Previous

    Emperor of America : Richard Condon
  • Next

    Enquiries are Continuing (Don Kerry #2) : Jeffrey Ashford

Na ʼn warrelwind romanse vra eersteoffisier Franz van Niekerk die aanvallige swartkop-lugwaardin Jennie Bruwer om met hom te trou. Die twee trou, Franz word na Australië gedesentraliseer en drie maande lank geniet die twee dit terdeë.

Maar toe kom daardie verskriklike dag dat Franz se vliegtuig in ʼn geweldige storm oor Encounterbaai in die see stort en almal aan boord van die vliegtuig verdrink. Jennie bly hartseer en ontredderd in die vreemde agter, en toe doen sy ʼn ontstellende ontdekking: sy verwag Franz se baba.

Franz het in Suid-Afrika nie met sy familie oor die weg gekom nie, veral nie met sy ouer broer, Reenen, nie. Trouens het hy Jennie herhaalde kere teen die man gewaarsku. Boonop weet sy familie nie eers dat hy intussen getroud is nie.

Terug in Suid-Afrika sukkel Jennie om kop bo water te hou. Haar kind, die tweejarige Franzie, is siek en sy sit sonder werk. Sy ontmoet Reenen en ter wille van Franzie willig sy in dat Franz se ouers, wat geskok die nuus oor Jennie en die kind verneem het, Franzie aanneem.

Vanuit die staanspoor kom sy nie met Reenen oor die weg nie en die verhouding tussen haar en haar skoonouers is ook nie van die beste nie. Die beeldskone Estelle Rabie, wat baie duidelik haar ogie op Reenen het, maak sake vir haar nog moeiliker.

En te midde van al hierdie ontstellende dinge, kom Jennie skielik eendag meer te wete van Franz se verlede; iets wat ook dadelik haar houding teenoor Reenen laat verander. Maar is dit hoegenaamd die moeite werd?

Also available on our Facebook page En Gister Gaan Verby

En Gister Gaan Verby

  • Product Code: Book
  • Availability: 1
  • Dimension: L 0.00 x W 0.00 x H 0.00
  • Weight: 0.000 Kg
  • R25.00



Make an offer

Tags: ettie bierman, books, fiction, romance, afrikaans