Kol WA Jeffs het vir baie jare gedien as raadgewer vir Suid-Afrikaanse tuiniers. Vrae soos "wat is met my grond verkeerd?", "wat kan ek doen?", "wanneer moet ek spuit?", en "wat moet ek plant?" was gereeld aan hom gestel in die groot aantal briewe wat hy ontvang het. In sy radiopraatjies en koerantartikels het hy dan ook gereeld advies gegee. "Vra vir Kol Jeffs" het ʼn bekende uitdrukking in Suid-Afrika geword.

Dit het later vir hom duidelik geword dat hy ʼn diens aan tuiniers in Suid-Afrika kon lewer indien die vrae wat hy meeste gevra word, en die antwoorde daarop, in boekvorm sou verskyn. Hier het ons nou die produk wat beskou kan word as `n ensiklopedie van tuinbou-kennis, opgestel deur `n deskundige wie se deeglike kennis van sy vak deur sy eenvoudige taal en vloeiende styl verbloem word.

Also available on our Facebook page Goeiemôre Tuiniers

Goeiemôre Tuiniers

  • Product Code: Book
  • Availability: 1
  • Dimension: L 0.00 x W 0.00 x H 0.00
  • Weight: 0.000 Kg
  • R20.00



Make an offer

Tags: wilfrid a. jeffs, books, non-fiction, gardening, afrikaans