Hierdie handboek vir die onderrig van Kunsgeskiedenis aan die Sekondêre Skool, wat reeds sy derde uitgawe beleef, is 'n allesins welkome bydrae tot die onderwysliteratuur van die Afrikaner. Die gretige ontvangs hiervan lewer bewys van die behoefte waarin dit vervul. In hierdie opsig is sukses vir die ondernemende uitgewers reeds beklink, ten spyte van onbekookte kritiek daarteen wat alte vroeg en onbesonne aan die Afrikaanse leserskring opgedis is.

Sedert Kuns as vak op die Afrikaans-medium Sekondêre Skool ingevoer is, is op hierdie gebied moeilike pionierswerk verrig. Mev. Hattingh is een van die klein handjievol pioniers wat uit die harde skool van persoonlike ervaring geleer het - en dit vir lange jare as Kunsleerkrag aan Afrikaanse Sekondêre Skole - om iets te bring op 'n gebied van die Afrikaanse kultuurlewe waar vier dekades terug nagenoeg niks bestaan het nie.

Hierdie eerste handboek van sy soort in Afrikaans geskryf vir die Sekondêre Skool, moet beoordeel word in die lig wat dit presies bedoel om te wees. Die realistiese vraag as uitgangspunt hier is: Wat is die minimum-kennis in Kunsgeskiedenis wat met reg van die Suid-Afrikaanse leerlinge teen die einde van sy Sekondêre Skoolloopbaan verwag behoort te word? Die antwoord hierop vind ons in hierdie handleiding. Dit bevat tewens ook die minimum wat tereg van enige beskaafde en gebalanseerde kultuurmens ten opsigte van die Westerse Kunsgeskiedenis as inherente deel van die witman se kulturele groei en skeppende geestesprestasies, verwag mag word.

Hier heers nog 'n jammerlike agterstand op die Afrikaanse kultuurakker; en elke eerlike leek op die gebied van die kunslewe wat hand in eie boesem steek, sal vir eie persoonlike kulturele vorming innerlik profiteer daarvan om met hierdie handboek kennis te maak.

'Kunswaardering' is nugter, saaklik en kunshistories wetenskaplik geskryf, op die praktiese doel af. Die onderwyser sal verder weet om aan te vul met illustrasies uit ander boeke, met kleurafdrukke of deur so nou en dan 'n kunsmuseum of oorspronklike versameling van stukke of tentoonstelling te laat besoek; en veral deur selflees by sy leerlinge aan te wakker. Enige goeie handboek maak slegs die weg oop tot werklike studie van 'n vak. Aanvaar ons dit so, sal hierdie boek eventueel uitgebrei kan word ook ten opsigte van onderwerpe wat nou net aangeraak word of noodgedwonge weggelaat is om publikasie moontlik te maak. Ons beveel die ondersteuning van die werk sterk aan in die verwagting dat dit in ons skole, biblioteke en private boekerye sal kom om ons volk te help oriënteer in 'n stuk van die eeue-oue Westerse kultuurlewe waar ons nog 'n groot agterstand het om in te haal teenoor die hierin soveel meer volwasse ou Europese kultuurlande.

Also available on our Facebook page Kunswaardering

Kunswaardering

  • Product Code: Book
  • Availability: 1
  • Dimension: L 0.00 x W 0.00 x H 0.00
  • Weight: 0.000 Kg
  • R25.00



Make an offer

Tags: a.s.j. hattingh, books, non-fiction, art, afrikaans