Aanstaande jaar gaan dit lente word in my lewe het Anika Brandt in haar matriekjaar geglo. Dan sou sy nie meer saam met haar alkoholis-ma en weduwee-ouma van die een dorpie na die ander voor die skuldeisers uit moes vlug nie. Maar in haar matriekjaar het sy ook die dierbare, pragtige Kobie Marais leer ken en toe het haar lewe in ieder geval begin verander. ʼn Nuwe sin vir waardes het haar egter laat besef dat sy haar ma nie kon verlaat nie; sy sou haar moes bystaan in haar stryd. En om sake verder te bemoeilik kon haar hart nie kies tussen Jaco, Kobie se student-broer, en Frankie, sy lighartige stiefbroer nie.

Tyd bring raad het haar ouma getroos en deel van die goeie raad was hulle ontmoeting met Louis Wessels, ʼn gawe woonstel-buurman, wat Mara Brandt se oë weer laat blink het en haar in haar stryd kon help. Tyd het later ook raad gebring vir Anika se hart en kon haar laat kies tussen Jaco en Frankie, maar toe lyk dit skielik asof haar keuse nie plek vir haar in sy hart kon vind nie.

Also available on our Facebook page Eendag kom die Lente

Eendag kom die Lente

  • Product Code: Book
  • Availability: 1
  • Dimension: L 0.00 x W 0.00 x H 0.00
  • Weight: 0.000 Kg
  • R25.00



Make an offer

Tags: sanette strydom, books, fiction, romance, afrikaans