• Previous

    You're Dead Without Money : James Hadley Chase
  • Next

    ʼn Pure Man vir Petro

Daar was nie nog ʼn huwelik soos die van Jacques en Elma van Rensburg nie. Niemand het betwyfel dat hulle intens gelukkig is nie. En saam met hulle tienerseun, Jaco, het hul geluk geen perke geken nie. As skoolhoofwas Jaques ʼn sukses, gewild en bemind by leerling sowel as kollega.

Dit was dus jammer dat Helenita Viljoen, wat reeds ʼn gebroke huwelik agter haar het, hom sou liefkry.

In haar lewe is twee ander mans wat albei met haar wil trou. Die onderwyser, Stian Labuschagne, en haar vriend, Rinus Senekal. Maar hoe kan sy dit oorweeg terwyl sy vir Jaques liefhet?

En dan is daar nog die kinders ook. Kinders wie se lewens nou vermeng is met die van hul onderwysers en uiteindelik ook met die hoof s'n. Gustav het een doel voor oë en dis om predikant te word, maar sy pa wil niks daarvan weet nie. Pieter het n ewige stryd teen die drank wat deur albei sy ouers misbruik word, en daarom is Daleen se suiwer vriendskap vir hom so kosbaar. Verder is daar Marius en Marina, die pragpaar van die skool, maar ook hulle het hul probleme wat telkens op di voorgrond tree.

Eerste liefde maak altyd seer. So sê Helenita vir haar skoolhoof wanneer hulle saam met die kinders op n rugby en netbal toer gaan. Sy moet egter nog leer dat dit nie net eerste liefde is wat seermaak nie, maar dat alle liefde sy element van hartseer bevat.

Dit lyk asof hulle in ʼn doodloopstraat is maar dan gebeur iets anders wat die lewens van baie mense in ʼn totaal ander rigting stuur. Riaan Strauss verskyn op die toneel, iemand uit die verlede. ʼn Man wat nog altyd net een vrou liefgehad het.

Also available on our Facebook page ʼn Enkel Goue Oomblik

ʼn Enkel Goue Oomblik

  • Product Code: Book
  • Availability: 1
  • Dimension: L 0.00 x W 0.00 x H 0.00
  • Weight: 0.000 Kg
  • R25.00



Make an offer

Tags: nelmari kock, books, fiction, romance, afrikaans