Theo Vermaak was bekend as ʼn pierewaaier wat die een na die ander meisie op hom verlief gemaak het en haar dan laat staan het, maar met die aantreklike, vurige Engela Retief het hy sy rieme styfgeloop. Nie dat hy ʼn losbol was nie, hy was ʼn vooruitstrewende boerseun en sy pa se regterhand op Modderfontein en hy het n stywe bankrekening gehad. Hy was maar net nie haastig om te trou nie maar sy pa was haastig dat hy met die regte meisie moes trou. Gits, daar moes darem ʼn erfgenaam kom! Daarom het hy Engela, die dogter van sy boesemvriend, aangestel om die boekhouwerk op die plaas te kom doen terwyl haar ouers drie maande lank oorsee is.

Maar Sally Winters en Welma Booysens was ook nog daar en Theo sou beslis nie toelaat dat sy pa vir hom ʼn vrou soek nie.

Hy het Engela teensinnig op die stasie gaan haal, maar hy was aangenaam verras. Sy vriend, Henk Walters, die eienaar van die spogplaas, Panorama, wat aan Modderfontein grens, was ook verras en het dadelik gereken Engela sou net die regte vrou wees vir hom. Daarom het hy sy spogplaas spotgoedkoop vir Theo aangebied op voorwaarde dat Theo dan nie sou probeer om Engela die hof te maak nie.

Dit is die besonderhede waarvan die gewilde Lize Swart weer eens ʼn sprankelende liefdesverhaal gemaak het wat soos sjampanje bruis en borrel.

Also available on our Facebook page Drome is Verniet

Drome is Verniet

  • Product Code: Book
  • Availability: 1
  • Dimension: L 0.00 x W 0.00 x H 0.00
  • Weight: 0.000 Kg
  • R25.00



Make an offer

Tags: lize swart, books, fiction, romance, afrikaans