Trizelle Bredell, bedeesde rykmansdogter, het altyd in haar spoor getrap in haar stemmige pakkies en fyn hoêhakskoentjies.

Toe besluit sy om te rebelleer teen al die korrektheid. Sy klim in 'n denimbroek en begin ryloop na haar pa se vakansieplaas, Amanzi, waar sy as Trix Bell sommer net soos enige meisie 'n bietjie pret en vryheid wil ervaar, 'n vrolike vlinder wil wees.

Maar die rebel se paadjie loop opdraand, veral toe 'n lwaai Ier soos Barry O'Brien haar sommer sonder seremonie van 'n sleepwa afpluk in een stadium van haar ryloopreis.

Op Amanzi aangekom, waar Barry boonop die bestuurder is, spat die vonke eers. Barry is verbitterd na 'n pynlike liefdesteleurstelling en in sy oê is Trix die verkeerde meisie op die verkeerde plek wat gedurig die verkeerde ding doen. Hy moet haar uit badkamers verwilder waar sy nie hoort nie, uit slote dra waar 'n perd haar afgegooi het, en op 'n keer betrap hy haar selfs onder sy eie bed!

Sy beland soms selfs in sy arms, en dan het die rebel niks om teen te rebelleer nie. Maar terwyl Trix nog hard probeer om Barry weer te leer lag en liefhê, verskyn sy ou geliefde, Yvonne, juis weer op die toneel in al haar glorie van blonde haardos en skrapse kortbroekies. 'n Uitdaging soos min vir die rebel.

Also available on our Facebook page Die Vlinder van Amanzi

Die Vlinder van Amanzi

  • Product Code: Book
  • Availability: Out Of Stock
  • Dimension: L 0.00 x W 0.00 x H 0.00
  • Weight: 0.000 Kg
  • R25.00



Make an offer

Tags: nita griessel, books, fiction, romance, afrikaans