Mamethu sit  op die grasmat met haar ou bokvel sak langs haar. Sy gooi houtjies op die vuur. In die dansende lig kan sy die gesigte van die kinders om haar sien.  "En waarvoor wag julle, my kuikentjies?" vra sy. "'n Storie, Mamethu," roep die kinders, die meisies en die seuns almal tesame, en die hond wat naby die vuur lê, sit regop en blaf eenkeer. "'n Storie?" Mamethu maak haar sak oop en loer daarin. "Al wat ek kan sê, is: my storiesak is heeltemal leeg." "Liewe Mamethu, die storiesak kan nooit leeg wees nie. Ons vra mooi: kyk nog 'n slag in die sak." SY vroetel in die sak en skud haar kop. "Niks hier wat ek kan kry nie. Watter storie wou julle dan gehoor het?" "Een oor Hlakanyana!" roep die kinders uit. "Daardie skelm klein rakker! 'n Mens kan nooit dink wat hy die volgende keer gaan aanvang nie."

En so begin nog 'n storie omtrent Hlakanyana, een van die klassieke figure van die Nguni-volksoorleweringe. Vir hierdie oorvertelling het Jack Cope teruggegaan na die heel vroegste geskrewe bronne, waar hierdie stories opgeteken is soos hulle vertel is deur die ou storievertellers van lank, lank gelede.

Also available on our Facebook page Verhale van 'n Vabond

Verhale van 'n Vabond

  • Product Code: Book
  • Availability: 1
  • Dimension: L 0.00 x W 0.00 x H 0.00
  • Weight: 0.000 Kg
  • R35.00



Make an offer

Tags: jack cope, books, fiction, folklore, afrikaans