Mary Kingsley, ontdekkingsreisiger in Wes-Afrika en verpleegster van die Boerekrygsgevangenes in Simonstad, was ‘n merkwaardige vrou. Hoewel sy tot op dertigjare ouderdom ‘n beskermde stil lewe gelei het, het sy van haar vader ‘n oormaat fisiese en morele moed en ‘n aangebore liefde vir avontuur geërf.

Dis eienskappe wat sy na haar ouers se dood ten volle sou gebruik, want toe sy skielik niks meer te doen het nie, besluit sy in 1893 om in Wes-Afrika te gaan reis. Geskokte familielede en vriende het haar probeer afraai. Selfs op die boot, onderweg na die Kongo, glo haar medereisigers haar nog nie. Die grilligste stories oor gruwels en gevare van die Swart Vasteland word aan haar voorgehou. Maar sy laat haar nie bangpraat nie.

As handelaar deurkruis sy, ongewapen en slegs deur ‘n paar inboorlinge vergesel, ‘n groot deel van die Kongo en Gaboen, waar sy volkekundige studies onderneem en seldsame visse vir die Britse Museum versamel. Geklee in ‘n lang, swart romp en wit bloese is sy opgewasse vir die skrikwekkendste moeilikhede waarmee hulle te kampe kry. Daar is die moeilike moerasse waardeur hulle soms moet  ploeter, vanggate vir olifante waarin sy beland, gevaarlike diere wat hul weg versper en natuurlik die kannibale waar sy menige benoude oomblik oorleef.

Also available on our Facebook page Die Afrika-Avontuur van Mary Kingsley

Die Afrika-Avontuur van Mary Kingsley

  • Product Code: Book
  • Availability: 1
  • Dimension: L 0.00 x W 0.00 x H 0.00
  • Weight: 0.000 Kg
  • R25.00



Make an offer

Tags: kurt lütgen, books, non-fiction, biography, history, travel, afrikaans