Die essensie van die roman is nie die historiese Rebellie van 1914 waaromheen die gebeure van hierdie roman gebou is nie. Bart Nel is trouens nie ’n historiese roman nie. Dis eerder ’n sielkundige of karakterroman wat handel oor ’n komplekse vereensamingsproses.

Daarmee was die werk verrassend modern in Afrikaans, soseer dat niemand dit aanvanklik besef het nie. Aan die hand van ’n nugter, maar darem nie gevoellose verteller nie word die leser binnegelei in die sel van Bart en Fransina se leef- en dinkwêreld, wat onvermydelik en dus tragies in twee vyandige selle splits en vanweë trots en onbegrip nie meer tot eenwording in staat is nie.

Hierdie gebeure van ’n genadelose afstropingsproses, waarby geliefdes en besittings in die slag bly, was in dié stadium uniek in die Afrikaanse prosa. Volgens Olivier (1981:55) wat op Spangenberg (1980) gereageer het, is daar min romans “waarin die onmag en die beperktheid van mense, en die onmoontlikheid om selfs naasbestaandes en geliefdes te begryp, op so ’n beklemmende en oortuigende manier uitgebeeld word”.

Also available on our Facebook page Bart Nel

Bart Nel

  • Product Code: Book
  • Availability: Out Of Stock
  • Dimension: L 0.00 x W 0.00 x H 0.00
  • Weight: 0.000 Kg
  • R45.00



Make an offer

Tags: johannes van melle, books, fiction, literary fiction, afrikaans

Recently Viewed

Alfred Hitchcock's Murder Racquet

Alfred Hitchcock's Murder Racquet

Used paperback in poor condition. Cover showing heavy wear with tears along spine. Pages with normal..

R0.00

Crossing the Boundary

Crossing the Boundary

Maverick cricketer Kevin Pietersen's journey from idyllic South African childhood to the highs of hi..

R40.00

Acceptable Losses

Acceptable Losses

Roger Damon is a literary agent at the top of his field, but with one anonymous phone call, his life..

R30.00

Bullion : John Goldsmith

Bullion : John Goldsmith

Used paperback in good condition. Cover and pages show minimal wear. Normal ageing discolouration. 3..

R25.00