Waar het alles begin wat gelei het tot die moord wat halftien daardie Sondagaand, agt Februarie, in ʼn plaashuis net buite Mariental gepleeg is? Was dit die gevolg van Kobus Deysel se jaloesie op sy pragtige vrou, Irene, of was dit omdat iemand se gretige oë die geld gesien het wat die hoteleienaar, Herr Bloem, uit sy kluis gehaal het?

Was dit straks die haat van ʼn vrou wie se liefde en toewyding aan ʼn man na twee jaar in haar gesig teruggegooi is, twee jaar waarin sy uitgesuig is, soos ʼn parasiet sy gasheer uitsuig.

Of het die eerste gedagte aan moord op die Kalahariplaas, Jungfrau, ontkiem, daar waar Johannes Snyman alleen met sy gedagtes en die verlange in sy eensame hart agtergebly het? Johannes Snyman wie se gestalte deur baie jare gebuig is, deur wie se yl, grys hare die skoon Kalahariwind speel, terwyl hy verlang na sy kinders en so intens begeer om hulle weer aan sy tafel te hê.

Toe kolonel Hannes Marais sien in watter rigting die bewyse begin neig, kon hy voel hoe sy hart klein trek in hom want hy't nie geweet of hy hierdie keer weer die durf sou hê om die moordsaak op te los nie. Moes hy nie maar van alles vergeet, uit die polisiediens bedank en op n plasie in die Bosveld gaan woon nie? Daar waar vrede en vryheid is, dieselfde vrede en vryheid wat Joh Snyman nog al die jare op sy plaas Jungfrau ondervind het totdat dit bedreig is deur die persoon wat op Sondagaand, agt Februarie vermoor is.

Also available on our Facebook page Die Geur van Vryheid

Die Geur van Vryheid

  • Product Code: Book
  • Availability: 1
  • Dimension: L 0.00 x W 0.00 x H 0.00
  • Weight: 0.000 Kg
  • R25.00



Make an offer

Tags: derick jacobs, books, fiction, crime, mystery, afrikaans

Recently Viewed

Dragonfire : Peter Graham Scott

Dragonfire : Peter Graham Scott

Used paperback in fair condition. Cover and pages showing minimal wear but cover damaged bottom righ..

R15.00

Enquiries are Continuing (Don Kerry #2) : Jeffrey Ashford

Enquiries are Continuing (Don Kerry #2) : Jeffrey Ashford

Used paperback in good condition. Cover and pages showing minimal wear. Price rubber stamp on flylea..

R15.00

Confessions of a Wild Child

Confessions of a Wild Child

Lucky Santangelo is a powerful and charismatic woman. But how did she become the woman she is today?..

R25.00

Home Run : Gerald Seymour

Home Run : Gerald Seymour

Used paperback in good condition. Cover and pages show minimal wear. 432 pages. Published by Fontana..

R25.00