Toe Paul Venter se knap sekretaresse en regterhand, Martie Hattingh, ʼn oorsese reis wen, is dit vir hom so ʼn groot ontwrigting dat hy dreig om iemand anders in haar plek aan te stel tensy sy self ʼn geskikte plaasvervanger kan verskaf vir die ses weke wat sy weg is.

So kom dit dat Martie se niggie Tersa Valkvlei toe kom om haar plek te kom volstaan. Tersa het egter haar bedenkinge oor Martie se baas wat vir haar na ʼn baie selfsugtige man klink, "soos ʼn groot padda in ʼn klein dammetjie".

Haar ongunstige indruk van hom word versterk deur die aantreklike blondekop boer Dieter Meiring wat sy op die vliegtuig ontmoet en wat haar vertel dat Paul Venter onder die pantoffelregering van sy ma en sy verloofde, matrone Lynette Botha, staan.

Intussen is die twee vroue in Paul se lewe baie ontsteld omdat Paul ʼn stadsmeisie wat hy glad nie ken nie, aangestel het. Veral toe tant Tryna van Aswegen kom vertel van die aantreklike blondekop-meisie wat sy die Sondag in die kafee gesien het.

Sal Tersa se koms lewe in Paul se praktyk bring soos haar Durbanse baas voorspel? Sal sy hom moontlik help om uit die groef waarin hy volgens Dieter Meiring is, te kom?

Also available on our Facebook page Laat Die Winter Kom

Laat Die Winter Kom

  • Product Code: Book
  • Availability: 1
  • Dimension: L 0.00 x W 0.00 x H 0.00
  • Weight: 0.000 Kg
  • R25.00



Make an offer

Tags: ella van der mescht, books, fiction, romance, afrikaans