Toe Melodie Strauss die boer op die trekker sien, dink sy dat sy eindelik iemand teëgekom het wat haar uit haar penarie kan help. Sy was op pad na haar verloofde in Kaapstad, maar haar motor het naby die afgeleë dorpie Oewerdal onklaar geraak.

Die jong boer behandel haar egter so onbeleefd dat sy, stikkend van verontwaardiging, ander uitkoms gaan soek.

So kom sy in aanraking met die moederlike tante Nel, wat saam met haar kleinseun Wessel in die pragtige grasdakhuis teen die koppie bly. Tot haar ontsteltenis moet sy dan ontdek dat Wessel die onmanierlike boer op die trekker is.

Haar motor kan nie dadelik herstel word nie en sy word genoop om langer op Oewerdal te versuim. En wat vir haar aanvanklik net n frustrerende vertraging van haar reis was, word nou ʼn ondervinding wat haar lewe ingrypend verander.

Sy besef gou dat Wessel se aanvanklike vyandigheid teenoor haar toe te skryf was aandie feit dat hy haar aangesien het vir die meisie aan wie hy verloof was.

Sy besef ook dat haar eie verlowing ʼn fout is, en dat Wessel en die mense van Oewerdal baie diep in haar hart ingekruip het. Maar Wessel is van plan om terug te gaan na Hilona Lückhoff, en sy self het verpligtinge teenoor Claud Meiring.

Also available on our Facebook page Dwaalpad van die Hart

Dwaalpad van die Hart

  • Product Code: Book
  • Availability: 1
  • Dimension: L 0.00 x W 0.00 x H 0.00
  • Weight: 0.000 Kg
  • R25.00



Make an offer

Tags: sophia burger, books, fiction, romance, afrikaans

Recently Viewed

ʼn Enkel Goue Oomblik

ʼn Enkel Goue Oomblik

Daar was nie nog ʼn huwelik soos die van Jacques en Elma van Rensburg nie. Niemand het betwyfel dat h..

R25.00

An English Visitor (Crocodile Spirit Dreaming) (Volume 1)

An English Visitor (Crocodile Spirit Dreaming) (Volume 1)

A man is watching her, perfect as she stands by the beach. He will have her, he will charm her. She ..

R45.00

En Gister Gaan Verby

En Gister Gaan Verby

Na ʼn warrelwind romanse vra eersteoffisier Franz van Niekerk die aanvallige swartkop-lugwaardin Jenn..

R25.00

A Very Quiet Place : Andrew Garve

A Very Quiet Place : Andrew Garve

Used paperback in good condition. Cover and pages show minimal wear. Ink signature on title page. Pa..

R20.00