Yolandie Lubbe offer haar vakansie op vir haar suster Frieda se voorgenome verlowing aan Etienne Roché. Saam met die ander gaste moet sy op die Rochés se landgoed La Mer wag dat Arno, Etienne se oudste broer en hoof van die familiemaatskappy Investa, sy toestemming vir die verlowing gee.

Maar al wat opdaag is Arno, en Yolandie dwaal uit verveeldheid met die mense en die situasie elke dag weg see toe. Daar ontmoet sy ‘n verbitterde man met ‘n geskende gesig. Geleidelik ontwikkel ‘n verstandhouding tussen die twee en Yolandie voel sy kan teenoor hom eerlik haar mening lug oor die Rochés en die bohaai om Frieda se verlowing.

Verbaas is sy toe hy op ‘n dag erken dat hy Arno Roché is. Maar nog groter is haar verbasing toe hy haar vra om met hom te trou, al voer hy aan dit is net om sy stiefma en sy gewese verloofde se planne in die wiele te ry.

Also available on our Facebook page Die Mense van La Mer

Die Mense van La Mer

  • Product Code: Book
  • Availability: Out Of Stock
  • Dimension: L 0.00 x W 0.00 x H 0.00
  • Weight: 0.000 Kg
  • R25.00



Make an offer

Tags: ilse steyn, books, fiction, romance, afrikaans

Recently Viewed

Dwaalpad van die Hart

Dwaalpad van die Hart

Toe Melodie Strauss die boer op die trekker sien, dink sy dat sy eindelik iemand teëgekom het wat ha..

R25.00

ʼn Enkel Goue Oomblik

ʼn Enkel Goue Oomblik

Daar was nie nog ʼn huwelik soos die van Jacques en Elma van Rensburg nie. Niemand het betwyfel dat h..

R25.00

An English Visitor (Crocodile Spirit Dreaming) (Volume 1)

An English Visitor (Crocodile Spirit Dreaming) (Volume 1)

A man is watching her, perfect as she stands by the beach. He will have her, he will charm her. She ..

R45.00

En Gister Gaan Verby

En Gister Gaan Verby

Na ʼn warrelwind romanse vra eersteoffisier Franz van Niekerk die aanvallige swartkop-lugwaardin Jenn..

R25.00